Wat is Persoonlike Aanlyn Hulp?
Persoonlike Aanlyn Hulp is waar 'n persoon kommunikeer deur middel van die internet (aanlyn) met 'n Profesionele Sielkundige. Die kommunikasie vind plaas deur ons Aanlyn Hulp afdeling op die webwerf. Met Persoonlike Aanlyn Hulp kan jy hulp of leiding soek net soos wat jy sou met 'n gewone kontak terapie sessie.
Persoonlike Aanlyn Hulp het verskeie voordele bo kontak terapie sessies:
* Jy kan anoniem bly as jy dit verkies.
* As jy nie gemaklik voel om gesig-tot-gesig te sit en jou probleme met iemand te bespreek nie kan jy gebruik maak van Aanlyn Hulp.
* Jy kan gebruik maak van Aanlyn Hulp enige tyd van die dag of nag, so jy hoef nie afsprake in jou besige skedule te probeer inpas nie.
* Jy hoef nie na die spreekkamer te ry nie, jy kan van jou huis of werk af sit en gebruik maak van Aanlyn Hulp.
* Jy kan enige plek in die wêreld jou Sielkundige raad vra solank jy internet toegang het.
Hoe werk Persoonlike Aanlyn Hulp?
Om toegang te kry na ons Persoonlike Aanlyn Hulp registreer asseblief op ons webwerf aan die linkerkant op die "Gebruikers" blokkie. Deur te registreer kry jy toegang to persoonlike privaat kommunikasie lyn na ons sielkundiges.
Sodra jy kan inteken kan jy jou probleem beskryf wat dan vir ons sielkundiges gestuur word, gereed om jou te help. Die eerste terugvoering is GRATIS. Daarna beloop die kostes per terugvoering wat ons sielkundiges vir U stuur R200 per terugvoering.
Hierdie betaling kan geskiet deur gebruik te maak van die "betaal knoppie" hier onder, of deur 'n elektroniese oorbetaling (EFT) te doen. Indien U die EFT metode verkies moet U dit asseblief in U boodskap aan ons noem sodat ons die bank besonderhede vir U kan stuur.
Koop 'n Aanlyn Hulp Terugvoering: $25 (min of meer R200):
(Prowebsites fasiliteer die betaling deur gebruik te maak van PayPal)