Ons het omvangryke ondervinding in die ontlonting en leiding van getraumatiseerde persone.
Ons glo in positiewe sielkunde met die fokus op ontwikkeling van sterkpunte en onderontwikkelde potensiaal van individue.
‘n Netwerk van spesialiste is in plek om uitgebreide dienste met uitstekende vaardighede en ondervinding te kan lewer in ‘n verskeidenheid van velde.
Sakkie Malan
Sakkie Malan is ʼn sielkundige met omvattende ervaring in assessering, loopbaanbeplanning en afrigting in die korporatiewe wêreld as ʼn konsultant. Hy spesialiseer in menslike verhoudings en die invloed daarvan op elke aspek van menswees. Sy loopbaan bestaan uit waardevolle ondervinding in die kerk as ʼn predikant en as ʼn sielkundige in ʼn privaat praktyk. Hy het BA en BD grade, ʼn Diploma in Teologie, as ook ‘n Honneurs graad en Meesters graad in Sielkunde.
Mnr. Sakkie Malan
E-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sel: 083 258 9936
Evert van Huyssteen
Evert van Huyssteen is ʼn sielkundige met omvattende ervaring in die korporatiewe en plaaslike regering. Hy spesialiseer in menslike verhoudings en die invloed daarvan op elke aspek van menswees. Sy loopbaan betaan uit waardevolle ondervinding as ʼn werknemer, welwees konsultant en sielkundige in ʼn privaat praktyk. Hy het ʼn BA graad, asook ʼn Honneurs en Meesters graad in Sielkunde.
Mnr. Evert van Huyssteen
E-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sel: 083 663 9448